Short description
Die skrywer en mens, die natuurkenner en joernalis, die tragiese, misterieuse Eugène Marais het in sy tyd iets vasgevang wat generasies ná hom nog weerklank vind. Sewentig jaar ná sy dood is hy en sy werk steeds ’n bron van inspirasie vir filmmakers, dramaturge, prosaskrywers, digters, wetenskaplikes en kultuurhistorici.