Short description
Gesant van God vertel die ware verhaal van 'n man in wie se lewe die goedheid en getrouheid van God duidelik sigbaar is. Dis die verhaal van hoe God 'n jong, verhongerde seun uit ’n arm dorpie in die Henan-provinsie, China, gekies het en hom gebruik om die wêreld te skud. Hierdie uitsonderlike boek sal ’n keerpunt in jou geestelike lewe bring.
Long description
Broer Yun is 'n huiskerkleier in China. Ten spyte van sy jong ouderdom het hy al baie marteling en tronkstraf ter wille van sy geloof verduur. Sy lewensverhaal, soos opgeteken in hierdie boek, weerspreek enige tevredenheid oor die situasie in China, waar internasionale ekonomiese beleggers die feit ignoreer dat vervolging elke dag vir miljoene mense in China 'n realiteit is. Maar in plaas daarvan dat sy verhaal fokus op die talle wonderwerke of martel-ervarings, verkies Yun om klem te lê op die karakter van Jesus.
Gesant van God vertel die verhaal van 'n man in wie se lewe die goedheid en getrouheid van God duidelik sigbaar is. Dis die verhaal van hoe God 'n jong, verhongerde seun uit 'n arm dorpie in die Henan-provinsie, China, gekies het en hom gebruik om die wêreld te skud.
Maak gereed om bemoedig te word, maar ook diep getref. Hierdie uitsonderlike boek sal 'n keerpunt in jou geestelike lewe bring.