Short description
Dit is nie altyd maklik om jou drome uit te leef en te verwesenlik nie. Dit verg deursettingsvermoe en volharding, tesame met ’n sterk geloof in jouself, God en die boodskap en visie wat Hy vir jou het.
Long description
Dit is nie altyd maklik om jou drome uit te leef en te verwesenlik nie. Dit verg deursettingsvermoe en volharding, tesame met ’n sterk geloof in jouself, God en die boodskap en visie wat Hy vir jou het. In Glo dat jy kan ondersoek die skrywer die drie dinge wat ons daarvan kan weerhou om ons diepste begeertes en drome 'n werklikheid te maak. Hy identifiseer ook die stappe wat ons moet volg om ’n punt van vervulling te bereik. Franklin bring ’n kragtige boodskap van hoop aan die hand van voorbeelde van inspirerende Bybelkarakters wat die krag verstaan het om vas te hou aan God se visie en droom vir hul lewe totdat dit ’n werklikheid geword het. Glo dat jy kan sal lesers op ’n baie praktiese manier help om God se droom vir hul lewens ’n werklikheid te maak. Die leser ontdek saam met Franklin: Die ware krag van ’n onvergeetlike droom; die beginsels wat ons moet verstaan om ons drome tot uiting te bring; die stadiums waardeur ons moet gaan om ons drome te verwesenlik; drie algemene struikelblokke wat ons daarvan kan weerhou om ons drome te bewaarheid.