Short description
Die meeste van ons het sulke mense in ons lewens, daardie moeilike persoon wat gedurig jou lewe versuur.
Long description
Die meeste van ons het sulke mense in ons lewens, daardie moeilike persoon wat gedurig jou lewe versuur. As iemand, uit 'n objektiewe oogpunt, dinge in jul verhouding doen wat jou rasend maak of selfs afbrekend is, het jy dalk met 'n 'doring-in-die-vlees' persoon te doen, skryf Dr. John Townsend in Hanteer die moeilike mense in jou lewe. Sulke doring-in-die-vlees mense kom in alle groottes en ouderdomme, maar hulle het een ding gemeen: hulle maak ons mal en laat ons wens ons kan uit die verhouding ontsnap.