Short description
Bybelgedeeltes word digterlik getransponeer sodat die betekenis daarvan splinternuut klink en die aardsheid daarvan jou ontroer en opnuut binnetoe laat dink.
Long description
Die bekende skrywer en akademikus, en direkteur van die ATKV-skryfskool aan die PUK, Hans du Plessis, ploeg sy liefde vir kennis van en jare lange navorsing oor die Afrikaans van die Griekwas kreatief terug in hierdie unieke bundel Bybelse Griekwagedigte.
Innie skylte vannie Jirre is 'n beduidende uitbreiding van die blitsverkopertjie, Die Griekwapsalms en annerlike goeterse yt die Woord yt. Baie meer Bybelgedeeltes word poëties getransponeer, sodat die betekenins van die Woord in die nuwe, aardse woord die leser opnuut ontroer en binnetoe laat dink.