Short description
Waar is die God van Moses? Het Hy sy mense gelos op die drumpel van die land wat Hy hulle belowe het? Almal het gesien hoe Moses teen Nebo uitgeklim het. Alleen, net met sy kierie wat Aäron vir hom gemaak het. Dit was 'n helder dag, maar sy wolk het vinnig gekom.
Long description
Toe het hulle gesien hoe hy regop kom en met sy kierie beduie. Maar dit was nie na hulle wat hy gewys het nie. Hulle het hom nie weer gesien nie. En ook nie weer sy wolk nie.
Kanaän vertrel van twaalf families wat na 'n woestyntrek van veertig jaar op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? Maar waar is die God wat hulle daardeur moet lei? En wat lê anderkant die skrikwekkende mure van die stad Jerigo? Waar is die leiers wat moet voorgaan?
Kanaän is 'n verhaal van die universele verlange na 'n ander lewe, die durende hoop op 'n Beloofde Land.