Short description
Josua het Moses opgevolg as die volk se leier, maar dit was Kaleb se geesdrif wat hulle geloof tot aksie laat oorgaan het. In hierdie boek gee Francine Rivers lewe aan Kaleb; die man wat getrou God se roeping vervul het, selfs al was dit in die skadu van ’n groter leier.
Long description
Francine Rivers se tweede boek in die Manne van geloof-reeks vertel die verhaal van Kaleb, ’n man van durf en daad wat harte aangevuur het. ’n Man van aksie wie se dapperheid lewens gered het. ’n Man van geloof wie se passie hom na God gedryf het.
Josua het Moses opgevolg as die volk se leier, maar dit was Kaleb se geesdrif wat hulle geloof tot aksie laat oorgaan het. In hierdie boek gee Francine Rivers se aangrypende skryfstyl en boeiende vertel¬ling lewe aan Kaleb; die man wat getrou God se roeping vervul het, selfs al was dit in die skadu van ’n groter leier.
Kaleb was getrou aan God se roepstem sonder dat hy enige roem of eer verwerf het. Hy het alles ge¬gee in dié wete dat hy eers in die ewigheid sy belo¬ning sal ontvang. Hierdie verhaal van ’n getroue man van God sal elke leser opnuut inspireer.