Liedboek

Subtitle:
Kitaarbegeleiersboek
Author:
N.G. Kerk uitgewers
Format:
Unknown

Out of stock

South Africa


Liedboek Out of stock

Short description

Liedere is uit die Liedboek gekies wat effektief met die kitaar en klawerbord begelei kan word. 334 liedere is uitgesoek en van kitaarakkoorde voorsien.

Long description

Met die verskyning van die Liedboek van die kerk het mense weer 'n slag met lus aan die sing geraak. Saam met die ou bekendes is in die bundel soveel nuwe liedere opgeneem dat Geesvervulde mense skaars kon wag om tot eer van God te sing.

Met die verskyning van Kitaarbegeleiersboek word die reikwydte van die Liedboek verder as net eredienste uitgebrei. Dit voorsien in die behoefte van mense wat hierdie liedere by kleingroepbyeenkomste, Bybelstudies, gemeentekampe, jeugkampe en met huisgodsdiens en kerklike feestye in hulle eie huise wil sing - daar waar die orrel nie altyd kan kom nie!

Uit die Liedboek is die liedere gekies wat effektief met die kitaar en klawerbord begelei sou kon word. Altesaam 334 liedere (45 psalms en 238 ander liedere) is uitgesoek en van kitaarakkoorde voorsien. En wie sou kon dink dat selfs van ons ou Kersliedere en psalms so verstommend mooi op die kitaar kan klink! Die liedere is so geset dat die melodielyn, die teks van die verskillende strofes, en die kitaarakkoorde bymekaar is - alles is dus met dieselfde oogopslag viar die kitaarspeler leesbaar. 'n Verdere voordeel is dat, sover moontlik, diagramme van die kitaarakkoorde wat in liedere voorkom, direk onder die lied geplaas is.

Met hierdie publikasie kan die liedereskat in die Liedboek nou ook buite die kerkgebou gebruik word sodat oud en jonk, waar hulle ook al in die Naam van die Here vergader, 'met hulle hele hart tot eer van die Here' kan sing.

Product details

Publisher:
Lux Verbi BM
ISBN:
9780869915998
Publication date:
August 2002
Length:
297mm
Width:
205mm
Thickness:
22mm
Weight:
1010g
Pages:
0

Other products to consider

Unlocking the Bible: A Unique Overview of the Whole Bible
Unlocking the Bible: A Unique Overview of the Whole Bible

Author:
David Pawson
Now R121.95
(eB 1220)
Leefstyl-Bybel vir vroue
Leefstyl-Bybel vir vroue

Author:
Christina Landman
Now R284.95
(eB 2850)

Out of stock

In my basket
Your basket is empty
Free delivery on orders over R250 *
 
My wishlists
Your wishlist is empty
Earn with Visa
 
eBucks
 
m.kalahari.com
 
Newsletter