Met hierdie moderne dagboek wys gewilde outeur Ewald van Rensburg tieners hoe om meer getroue volgelinge van Jesus te wees. In regte rekenaar- en selfoontaal praat hy persoonlik met elke leser en wys jong gelowiges hoe om Jesus die middelpunt van elke dag te maak. Elke dagstukkie sluit die volgende in:
’n SMS uit die hemel – ’n Bybelvers vir elke dag.
’n E-pos – Die dag se oordenking.
’n Reminder – ’n Gedagte wat lesers verder oor die tema laat dink.
Xtreme Bybelavonture – ’n Leesprogram wat in een jaar deur die Nuwe Testament werk.
In hierdie 366 dagstukke sal tieners ontdek wat die Bybel sê oor God, oor mense en oor die doel van die lewe. Dit wys hulle hoe om in elkedagse situasies nader aan God te groei en ’n verskil in die wêreld te maak.