Short description
Polisie-offisier Gerbrandt Malan is goed in sy werk. Maar wanneer sy geliefde polisiehond, Simson, aan diens beseer word, het hulle albei ’n ruskans nodig. Dis waarom Gerbrandt Koraalbaai toe gekom het.
Long description
Polisie-offisier Gerbrandt Malan is goed in sy werk. Maar wanneer sy geliefde polisiehond, Simson, aan diens beseer word, het hulle albei ’n ruskans nodig. Dis waarom Gerbrandt Koraalbaai toe gekom het. Die laaste ding waarna hy op soek is, is ’n beeldskone veearts – een met raafswart hare en wat weet hoe om met pasiente te werk. Maar hier is sy. Dr Frederika Joubert kan vir Simson rehabiliteer terwyl sy en haar dierbare seun ook sy hart weer heel maak. En dan kom die verrassing wanneer Gerbrandt besef dis nie net Simson wat hierdie vrou se aanraking so nodig het nie.