Short description
Paulus was 'n individualis wat met sy sterk standpunte die vroeë kerk gevestig en gelei het. Kom stap saam met Jaco Thom deur sy lewe en laat hierdie merkwaardige man van God jou inspireer om self ook jou lewe van vandag te rig tot God se eer.
Long description
In hierdie meesleurende roman deur bekende skrywer Jaco Thom sal jy Paulus van nader leer ken en hom beter leer verstaan. Jy sal beleef hoe sy vars insigte vir die vroeë kerk nuwe wêrelde oopgemaak het. En jy sal put uit sy voorbeeld om jou lewe van vandag te rig tot God se eer.
Laat Paulus jou inspireer om volgens sy voorbeeld te leef soos hy in Christus se voorbeeld geleef het.
Paulus was 'n individualis wat nie juis ander standpunte as sy eie geduld het nie. Gelukkig nie, want anders kon die kerk dalk op bepaalde punte 'n heel ander koers ingeslaan het. Maar daarom was hy nie altyd 'n maklike mens om mee saam te werk nie. Tog was hy nie 'n ongebalanseerde mens nie; daarvoor het sy liefde vir die Here te sterk gebrand.