Short description
“Riekert Botha is ‘n juweel wat nie gekluister is aan die dogma van een instansie nie, maar wêreldwys is, ...sy liefde vir God is opvallend ...nadat ek hom ontmoet het, het ek agtergekom dat hy al ‘n lang pad met sy geloof geloop het, ‘n pad van stry en weer stry, vra en aanvaar. Wat lekker is, is dat mens met Riekert kan stry, pizza eet, verskil en dan saam kan lag oor die antwoorde.
Long description
Die Pleister vir die siel-konsep het sy ontstaan gehad toe ek by RSG met Brekfis met Derrich (Saterdae) begin het. Die inhoud van die destydse bydraes was taamlik formeel en ons wou iets skep wat ʼn bietjie meer vleis om die been het, maar nie Bybelversies of preke is nie. Saterdae is vir die meeste mense ʼn woelige dag en die bydrae moes pas by die tempo van die dag met ʼn kort en kragtige impak.