Short description
As Jeanne Els in haar titel Ligdans uit blydskap gedans het omdat sy uit die greep van depressie bevry is, is die vertellings in haar nuwe titel 'n verslag van die vele prettige passies, die soms suggestiewe Tango-ritmes of die elegante wals-maat waarop die lewe met ons dans.
Long description
As Jeanne Els in haar titel Ligdans uit blydskap gedans het omdat sy uit die greep van depressie bevry is, is die vertellings in haar nuwe titel 'n verslag van die vele prettige passies, die soms suggestiewe Tango-ritmes of die elegante wals-maat waarop die lewe met ons dans. Met haar fyn waarnemende joernalis-oog kyk Els terug op kosbare oomblikke met haar Skepper en haarself; met geliefdes, vriende en vreemdes en bied dit vir lesers aan in meer as veertig geskrewe geskenkpakkies.