Long description
Die Karen Kingsbury Omnibus sal jou laat besef dat daar krag is in onvoorwaardelike liefde en toewyding, en dat God enige tragedie in ’n geleentheid kan omskep. ’n Tyd om te dans is die verhaal van John en Abby se reis deur huweliksontrou en hul soeke na ’n rede om weer saam vorentoe te kyk. In ’n Tyd om lief te hê word die Reynolds-gesin se geloof getoets wanneer ’n motorongeluk hul lewens onderstebo keer ... Om te kan vergewe en te bly hoop op ’n wonderwerk, verg dat hulle opnuut ontdek en vashou aan wat werklik belangrik is.