Short description
Van aangesig tot aangesig is ’n gebedsjoernaal met daaglikse oordenkings wat jou ’n dinamiese, gedissiplineerde en geseënde gebedslewe sal laat ervaar. ’n Eenjaar-gebedsjoernaal wat nuwe betekenis aan jou gebedslewe sal gee. Dit bevat ’n gebed uit die Bybel asook ’n kort oordenking vir elke dag van die jaar. Daar is ook ruimte om jou gebede en gedagtes neer te skryf.
Long description
Van aangesig tot aangesig is ’n eenjaar-gebedsjoernaal wat geestelike groei op ’n nuwe manier aanmoedig. Dit sal jou wegneem uit die rumoer en chaos van jou elkedagse lewe tot in die teenwoordigheid van ’n intieme verhouding met die Here.
Die joernaal fokus op gebede uit die Bybel, wat ondersteun word deur ’n kragtige oordenking vir elke dag van die jaar. Elke bladsy bied ook ruimte waar jy jou eie notas kan maak. Dit kan die volgende insluit:
Jou eie gebed vir die dag
’n Rekord van gebede wat beantwoord is
Name van mense vir wie jy wil bid
li>Jou eie versoeke en smeekbede aan God
Algemene voorbidding en ander kwessies wat jou op die hart druk