Short description
Waar of hoe vind ‘n gewone aardse mens die God wat “in die hemel woon”? Wie is Hy? En hoe kan ‘n mens ‘n sinvolle verhouding met hom hê? Die boek beantwoord al die vrae wat jy al ooit gehad het oor die werklike betekenis van die modewoord “spiritualiteit”.
Long description
Met talle voorbeelde en aanhalings en in 'n gemaklike skryfstyl stel Ernst Conradie die leser bekend aan 'n "aardse"spiritualiteit" - 'n vorm van godsdiens wat gewortel is in ons aardse lewe en wat ons aardse lewe kan verryk. Hy glo dat lewensin net te vind is in Hom wat die aardse te bowe gaan, maar die soeke na dit wat die aarde te bowe gaan, moet ook die aarde self, en gewone aardse dinge, waardeer vir wat dit is. Christene glo dat 'n aardse spiritualiteit juis moontlik is omdat God ons in Jesus Christus hier op aarde kom opsoek en gevind het. 'n "Aardse" spiritualiteit help ons om raak te sien dat die aarde God se aarde is; dat die aarde die woonplek is van God se Gees, en dat ons geluk daarin le om hier en nou reeds 'n tuiste by God te vind, op aarde.