Long description
Ons is terug in antieke Rome, in 'n gedemoraliseerde samelewing gestroop van alle waardigheid. Hier sal ons ontdek wat dit beteken om na God se stem te luister. Rivers neem ons na 'n ander tyd en kultuur, en tóg herken ons onsself, ons geliefdes en ons wêreld in die bladsye van hierdie boek. Die hand van God is duidelik sigbaar in die verhaal van Hadassa en Markus soos die evangelie van Jesus Christus ontvou en Hy sy mense bemagtig om die wêreldse te oorwin. Eggo in die duisternis is 'n getuienis van die liefde. Dit is 'n boeiende verhaal wat in eg menslike terme weergegee word. Dit vertel van Hadassa se getrouheid aan haar Verlosser en Markus se soeke na God. Die boek spreek tot almal wat dit lees omdat ons kan identifiseer met hierdie twee karakters se worsteling rondom hulle geloof en hulle liefde vir mekaar.