In 9 Dinge wat jy net moet doen ondersoek die topverkoper-skrywer en bekende sielkundige, dr. Henry Cloud, die verskynsel dat sommige mense se lewens een groot suksesverhaal is, terwyl sukses vir ander net ‘n onbereikbare droom bly en hulle van een dag na die ander moet veg net om te bestaan.
Dr. Cloud maak egter ‘n lewensveranderende onthulling: ons kan almal sukses behaal op alle terreine van die lewe. Sukses in die liefde en die lewe is nie slegs tot ‘n uitgelese groepie beperk nie. Hy ontleed die gedrag van skeker mense wie se optrdse vir hom bekend voorkom.
Hy ontdek dat hierdie ‘ek-ken-jou-mos-mense’ almal – ongeag hul omstandighede, intellek en finasiele status of agetgrond – sekere gedragspatrone gemeen het. Hulle het ook een gemene deler: hulle is suksesvol.
In 9 Dinge wat jy net moet doen identifiseer en beskryf dr. Cloud op ‘n praktiese manier die nege beginsels van sukses van hierdie suksesvolle ‘ek-ken-jou-mos-mense’. Word toegerus om hierdie nege dinge te verstaan en te doen en gee gestalte aan al jou sukses-drome!