Short description
Dis tyd vir kiertsregop sit en ore spits vir die immergeliefde Jakkals- en Wolf-stories, Hasie Kalbassie, Brommer en By en Tyl Uilspieël, nou in sy vierde druk. Propvol Afrikaanse volksvertellings, met humor en sprankel deur die belangrikste skrywer van Afrikaanse volksverhale. Gekies vir die Proudly South African: 100 Representative Children’s Books-uitstalling by die 2004 IBBY-konferensie.
Long description
Die mooiste Afrikaanse sprokies, vir die eerste keer in 1968 uitgegee, met herdrukke in 1984 en 1993, spog nou met 'n splinternuwe baadjie.
Hierdie verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskeppinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en die res van Afrika.
Baie van die Oosterse invloed het uit die geledere van die Kaapse Maleiers gekom en die Afrika-invloed van die San- en Koikoi en verskeie swart stamme.
In hierdie bundel vind ons die immer-geliefde Jakkals-en-Wolf-stories, Hasie Kalbassie, Brommer en By, Tyl Uilspieël, wat dit so geniet om menslike swakhede aan die kaak te stel, en talle ander.
Stories vol sprankel en humor, wat oud en jonk baie plesier sal verskaf deur baasverteller Pieter W. Grobbelaar, kenner op die gebied van die Afrikaanse volksverhaal.
Die uitbundige illustrasies deur Séan Verster dra uitstekend by tot die vermaaklike aspek van die verhale
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

Die mooiste Afrikaanse sprokies
Reviewed by Danie from Jeffreysbaai on 26 December 2012
1 of 3 people found the following review helpful:
Dit is 'n besondere keurige versameling sprokies met uitstekende illustrasies,wat groot vreugde aan oud en jonk verskaf.
Was this review helpful?