Short description
Wie was die eerste mense van Suid-Afrika? En wie het daarna gekom? Hoe het die interaksie tussen Afrikaners, die Britse regering en swart mense die land help vorm? Waar staan ons vandag as 'n nasie? In hierdie boek span gerekende Suid-Afrikaanse historici saam om hierdie en ander vrae oor ons verlede te beantwoord.
Long description
Wie was die eerste mense van Suid-Afrika? En wie het daarna gekom? Hoe het die interaksie tussen Afrikaners, die Britse regering en swart mense die land help vorm? Waar staan ons vandag as 'n nasie? In hierdie boek span gerekende Suid-Afrikaanse historici saam om hierdie en ander vrae oor ons verlede te beantwoord. Onder leiding van die bekende prof. Fransjohan Pretorius gaan hulle terug na die oorsprong van die aarde en beweeg daarna deur die kernmomente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Daar is hoofstukke oor onder meer die Nederlandse era aan die Kaap, die minerale revolusie, die Anglo-Boereoorlog, Afrikanernasionalisme, die apartheidstaat, swart politieke verset en Suid-Afrika na 1994. Die skrywers bied 'n gebalanseerde blik op waar ons vandaan kom en gee onder meer ook erkenning aan Afrikaners se rol in die land se ontwikkeling.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

Geskiedenis van Suid-Afrika
Reviewed by Gerrit from Stellenbosch on 08 August 2012
Die inhoud is puik, die e-boek se kaarte is heeltemal te klein en onleesbaar op die Ipad. Die teks kan ook nie groter gemaak word deur dit met die vingers oop te sleep soos met ander PDF's nie.
Was this review helpful?