Short description
Maryn wou glo sy is Neil von Wildenstein se droomvrou. Nou weet sy – haar pa se lemoenplaas is wat hy eintlik wil hê. Lemoenblomolie is volop op Bergendal, en dís wat Niel broodnodig het vir sy laventelprodukte.
Long description
Hy’t haar leer nee sê. Dat sy meer is as Joshua en Tamara Davel se sagsinnige jongste. Meer as Bergendal se konfytkokertjie, meer as bekwame, inskiklike, minsame Maryn.
Sy wou glo sy is Niel von Wildenstein se droomvrou.
Nou weet sy, sy ís die vrou van sy drome – dié een met ’n pa met ’n florerende lemoenplaas.
Want dís wat die laventelman wil hê – lemoenblomolie. Nie vir haar nie. En lemoenblomolie is volop op Bergendal.
Hy’t haar bedwelm met sy betowerende olies, sy geurige laventellande, sy sagte hande, sy kerslelie-oë. En oujongmeisie wat sy is, het sy mooitjies binne-in die web getrap wat die slinkse skarminkel vir haar gespan het.
Customer reviews & ratings