eBook edition

Om te skryf (eBook)

Hoe leer jy skryf? Hoe skryf mens oor jouself, oor ander, oor plekke en gebeure of oor idees en oortuigings? Hoe begin jy ’n treffende teks, hoe... more
Author:
Verskeie outeurs
Format:
Adobe DRM PDF
Download Size:
4.11 MB
Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306

Delivery:
The eBook will be available to download in the LibraryBox as soon as payment has been processed.
Seller:
kalahari.com
Now:
R99.95
eBucks:
eB1 000
Discovery Miles:
1 000
  • Pintrest

Short description

Hoe leer jy skryf? Hoe skryf mens oor jouself, oor ander, oor plekke en gebeure of oor idees en oortuigings? Hoe begin jy ’n treffende teks, hoe sluit jy dit af? Mens leer vinnig as jy langs ’n goeie ambagsman gaan staan en mooi loer wat hy doen en die tegnieke wat hy benut in jou eie werk begin toepas. Dit is die lekkerste en vinnigste manier. Hier is ’n boek in Afrikaans wat saamgestel is om jou daarmee te help.

Long description

Hoe leer jy skryf? Hoe skryf mens oor jouself, oor ander, oor plekke en gebeure of oor idees en oortuigings? Hoe begin jy ’n treffende teks, hoe sluit jy dit af?

Mens leer vinnig as jy langs ’n goeie ambagsman gaan staan en mooi loer wat hy doen en die tegnieke wat hy benut in jou eie werk begin toepas. Dit is die lekkerste en vinnigste manier. Hier is ’n boek in Afrikaans wat saamgestel is om jou daarmee te help. Om te skryf bevat vertalings van bekende Engelse prosa en oorspronklike Afrikaanse tekste, maar dié boek gaan nie oor wat die skrywers sê nie – belangrik soos dit mag wees – maar oor die hoe: die tegnieke waardeur hulle hul boodskap helder oordra. Ná elke uittreksel word daar vrae gestel wat die leser help om dié woordmeesters se styl, tegniek en vaardighede aan te leer.

Inhoud behels persoonlike skryfwerk, die karakterskets en beskrywing, asook meer abstrakte konsepte soos die uiteensetting van ’n argument en ’n poging om ander mense te oortuig. Later volg tegnieke om ’n stuk te begin en te eindig, skryfwerk oor kuns en media en ten slotte ’n afdeling oor die nuanses van individuele styl. Die boek bevat ook ’n woordelys met bondige definisies van terme wat in die oefenvrae in die boek gebruik word.

Product details

Publisher:
VAN SCHAIK
ISBN:
9780627030536
Download Size:
4.11 MB
Copying:
Not Allowed
Printing:
Not Allowed
Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306

Customer reviews & ratings