eBook edition

Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars

Moenie verwag dat hierdie stories enigsins gaan wees soos die geskiedenis wat jy op skool of universiteit geleer het nie. Max du Preez sit die mense,... more
Subtitle:
Ongewone verhale uit ons verlede (eBook)
Author:
Max Du Preez
Format:
Adobe DRM ePub
Download Size:
582 bytes
Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306
Average customer rating:
 (Reviews)

Delivery:
The eBook will be available to download in the LibraryBox as soon as payment has been processed.
Seller:
kalahari.com
Now:
R59.95
eBucks:
eB600
Discovery Miles:
600
  • Pintrest

Short description

Moenie verwag dat hierdie stories enigsins gaan wees soos die geskiedenis wat jy op skool of universiteit geleer het nie. Max du Preez sit die mense, die karakters, terug in die geskiedenis. Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars bevat 'n keur van die verhale uit die uiters gewilde Of Warriors, Lovers and Prophets van 2004 en Of Tricksters, Tyrants and Turncoats van 2008. Heelwat van dié stories is verder nagevors en herskryf. Daar is ook drie splinternuwe verhale: die merkwaardige storie van die Franse Hugenoteseun wat skipbreuk gely en deur 'n Xhosahoofman as sy eie aangeneem is; die Engelse lady wat haar glanslewe in Londen vir 'n ossewa verruil en voor en tydens die Anglo-Boereoorlog in die ou Transvaal gesmous het; en die groep Duitse oorlogswesies wat in 1948 in Suid-Afrika aangekom en hier as Afrikaners diep spore getrap het. Daar is stories van Khoikhoi wat as hofknape in die buiteland gebly het; 'n Duitser wat 'n Koranna-hoofman geword het; van die merkwaardige wysgeer Mohlomi, die "Boere-Tarzan" Coenraad de Buys; die bittere broedertwis tussen Christiaan en Piet de Wet; van generaal Koos de la Rey se merkwaardige vrou Nonnie; en van twee aspirant-sluipmoordenaars, Robey Leibbrandt en David Pratt. Só word die leser deur al die draaie en dramas van ons geskiedenis geneem - sonder om sondebokke te soek of enigiemand te laat skuldig voel. Max du Preez bewys wéér dat die geskiedenis interessanter - en meer pret - as fiksie kan wees.

Long description

Max du Preez sit die mense, die karakters, terug in die geskiedenis. Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars bevat 'n keur van die verhale uit die uiters gewilde Of Warriors, Lovers and Prophets van 2004 en Of Tricksters, Tyrants and Turncoats van 2008. Heelwat van dié stories is verder nagevors en herskryf.

Daar is ook drie splinternuwe verhale: die merkwaardige storie van die Franse Hugenoteseun wat skipbreuk gely en deur 'n Xhosahoofman as sy eie aangeneem is; die Engelse lady wat haar glanslewe in Londen vir 'n ossewa verruil en voor en tydens die Anglo-Boereoorlog in die ou Transvaal gesmous het; en die groep Duitse oorlogswesies wat in 1948 in Suid-Afrika aangekom en hier as Afrikaners diep spore getrap het. Daar is stories van Khoikhoi wat as hofknape in die buiteland gebly het; 'n Duitser wat 'n Koranna-hoofman geword het; van die merkwaardige wysgeer Mohlomi, die "Boere-Tarzan" Coenraad de Buys; die bittere broedertwis tussen Christiaan en Piet de Wet; van generaal Koos de la Rey se merkwaardige vrou Nonnie; en van twee aspirant-sluipmoordenaars, Robey Leibbrandt en David Pratt. Só word die leser deur al die draaie en dramas van ons geskiedenis geneem - sonder om sondebokke te soek of enigiemand te laat skuldig voel. Max du Preez bewys wéér dat die geskiedenis interessanter - en meer pret - as fiksie kan wees.

Product details

Publisher:
Zebra Press (Random House Struik)
ISBN:
9781770221147
Edition:
1
Download Size:
582 bytes
Copying:
Not Allowed
Printing:
Not Allowed
Pages:
320
Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Lekker lees!
Reviewed by Anel from Pretoria, Suid-Afrika on 24 January 2013

Baie interessant, goeie navorsing! Lekker lees as jy hou van geskiedenis - en soveel meer as wat ons op skool geleer het!

Was this review helpful?