eBook edition

Riaan Cruywagen (eBook)

Na 47 jaar in die uitsaaiwese onthul Riaan Cruywagen uiteindelik wat agter die SABC en SAUK se skerms gebeur en hoe hy dit regkry om na 37 jaar... more
Subtitle:
Wat's nuus? (eBook)
Author:
Riaan Cruywagen
Format:
Adobe DRM ePub
Download Size:
10.63 MB
Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306
Average customer rating:
 (Reviews)

Delivery:
The eBook will be available to download in the LibraryBox as soon as payment has been processed.
Seller:
kalahari.com
Now:
R139.95
eBucks:
eB1 400
Discovery Miles:
1 400
  • Pintrest

Short description

Na 47 jaar in die uitsaaiwese onthul Riaan Cruywagen uiteindelik wat agter die SABC en SAUK se skerms gebeur en hoe hy dit regkry om na 37 jaar nogsteeds vir ons die nuus te bring in ons huis op die televisie. Riaan vertel onder andere waarom hy so histeries gelag het met ‘n uitsending in die tagtigerjare, waarom hy deesdae in popmusiek videos verskyn en saam met pragtige halfkaalmeisies in ‘n borrelbad sit. In hierdie kostelike, gemaklike en insiggewende outobiografie word die leser meegevoer in Riaan se lewe agter die skerms van 47 jaar in die uitsaaiwese maar ook sy persoonlike lewe. Sy bekende mooi stem is deurgaans kristalhelder deur die boek wat jou gaan laat skater van die lag en jou hart sommer lekker warm gaan laat klop. Nadat jy die boek gelees het sal jy verstaan hoekom Riaan Cruywagen een van die geloofwaardigste Suid-Afrikaners naas Nelson Mandela is en ook een van die bekendste gesigte en stemme in die Afrikaanse kultuurwêreld is.

Long description

RIAAN CRUYWAGEN is die langsdienende TV-nuusaanbieder in Suid-Afrika. Hy vier in 2012 sy 47ste jaar in die uitsaaiwese en sy 37ste jaar as TV-nuusaanbieder.Sy uitsaailoopbaan het in 1965 tydens sy studentedae op Stellenbosch begin totdat hy ná voltooiing van sy graadstudies in 1968 voltyds as omroeper by die Afrikaanse Diens in Johannesburg aangestel is.  Van 1971 tot 1974 het Cruywagen in Nederland gewoon, waar hy drie jaar lank as omroeper by die Afrikaanse Afdeling van Radio Nederland Wereldomroep in Hilversum gewerk het. Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1974 is hy aangestel en opgelei as een van die eerste TV-regisseurs by die nuwe SAUK-Televisiediens. Vanweë sy belangstelling in nuus en aktualiteit, het hy met die totstandkoming van die SAUK se TV-Nuusdiens in 1975 ‘n lid van die redaksie.Hy is in 1975 twee maande lank na die VSA en Brittanje gestuur om nuusregie te gaan bestudeer en het met sy terugkeer baie gedoen om ‘n eie styl en voorkoms vir die SAUK se TV-nuusuitsendings te help ontwikkel. As Afrikaanse joernalis, nuusredakteur en -aanbieder het hy meegewerk aan die vestiging van ‘n skryf- en visualiseringstyl vir TV-nuusberigte.As radiospeler het hy reeds in sy eerste studiejaar op universiteit aan tallose Radioteater- en Kleinteaterproduksies vir die Afrikaanse Diens begin deelneem en ook vir dié radiodiens én Springbokradio hoofrolle en ander karakterrolle in Afrikaanse vervolgverhale vertolk.  Ook in die reklamewese het hy hom spoedig vir vier dekades as 'n gesogte Afrikaanse stemkunstenaar gevestig.  Sy stem is in letterlik duisende radio-advertensies gebruik.  Hy het nooit geskroom om reklameagente beleefd op taalfoute in die Afrikaanse kopie te wys nie en het by verskeie geleenthede Engelse advertensiekopie op versoek in Afrikaans herskryf.Hy was ook jare lank die amptelike voorleser van die sitate by die jaarlikse ordetoekennings deur die Staatspresident.Cruywagen was van 1981 tot 1983 in Washington DC die SAUK se verteenwoordiger in die VSA en Kanada en by die Verenigde Nasies, en het in dié tyd daagliks nuusverslaggewing vir die SAUK se radio- en TV-dienste gedoen. Hy was ook sedert 1985 ononderbroke ‘n lid van die SAUK se Komitee vir Afrikaanse Taaladvies (KTA), waar hy die TV-nuusdiens tien jaar lank tot met die ontbinding van die KTA in 1995 verteenwoordig het. In dié tyd het hy aan sy kollegas by TV-nuus die KTA se Afrikaanse uitspraakriglyne en algemene taaladvies oorgedra.  Sedertdien – en by gebrek aan 'n KTA – raadpleeg radio- en TV-kollegas hom steeds oor Afrikaanse taalkwessies, bloot op grond van sy jare lange ervaring.  Selfs buite uitsaaiverband word sy mening oor taal- en uitspraaksake ingewin.

Product details

Publisher:
Naledi
ISBN:
9781920518226
Download Size:
10.63 MB
Copying:
Not Allowed
Printing:
Not Allowed
Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Excellent
Reviewed by Unknown from New Zealand on 19 August 2012
1 of 1 people found the following review helpful:

I enjoyed this book very much! Well written and very funny. Loved it!

Was this review helpful?    

 

  Riaan Cruywagen
Reviewed by Susan from Scotland on 08 June 2012
2 of 3 people found the following review helpful:

Ons kom uit dieselfde era. So dit was heerlik om weer terug gevoer te word na 'n tydperk waar daar soveel positiewe belewenisse was. Baie dankie vir 'n pragtige boek - vol humor, hartseer en ontsteltenis.

Was this review helpful?    

 

  Heerlike lees genot
Reviewed by Unknown from George, SA on 05 October 2012
0 of 1 people found the following review helpful:

Die boek is geskryf in 'n gemaklike afrikaans, en lees heerlik.

Was this review helpful?    

See more reviews