Out of stock

Sarah du Pisanie Omnibus

Sarah du Pisanie se nuwe omnibus bevat twee oorspronklike verhale (Danskraal en Aandeel in liefde) en een wat heruitgegee word (Die meisie van... more
Author:
du Pisanie, Sarah
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Out of stock

  • Pintrest

Short description

Sarah du Pisanie se nuwe omnibus bevat twee oorspronklike verhale (Danskraal en Aandeel in liefde) en een wat heruitgegee word (Die meisie van Toekomspoort).

Product details

Imprint:
LAPA
Publisher:
LAPA
ISBN:
9780799344868
Publication date:
October 2009
Audience:
General

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Oo die liefde
Reviewed by Allison on 15 January 2010
54 of 134 people found the following review helpful:

Elna Viljoen erf ‘n lekker hap van aandele in Eksteen en Von Brandis Handelaars nadat Simon Eksteen oorlede is. Maar dis nie so eenvoudig nie. Daar is sekere voorvereistes… Elna moet by Eksteen en Von Brandis gaan werk en die kat deeglik uit die boom kyk en besluit aan wie sy die aandele gaan verkoop. So word Elna as sekretaresse aangestel – in cognito. Sy word gou in die besigheid aanvaar, maar dan word sy as die persoonlike assistent vir die buffel, Adriaan Eksteen, aangestel. En net hier begin haar moeilikheid. Gou word Elna op dié aandeelhouer verlief, maar sy weet sy kan niemand vertrou nie, as iemand weet sy is die aandeelhouer, mag hulle optrede teenoor haar nie eerlik wees nie. En dan is daar nog Herman. Die uiters aantreklike mede- aandeelhouer wat haar sommer uit die staanspoor uitneem vir etes en koffie. Maar hy is ‘n uitgemaakte rokjagter. Hou Herman regtig van haar, of weet hy dalk van haar aandele? Sy kwyt haar deeglik van haar taak as assistent vir Adriaan, en so groei haar liefde ook vir hom, en as sy haar nie verbeel nie, begin hy tog van haar hou... Maar wie kan sy werklik vertrou. So word Elna in die moeilike situasie geplaas, en vir wie gaan sy kies?

Was this review helpful?