Sluk jy soms twee of drie keer oor die dinge wat jou kind vir jou vra oor sy lyfie, maar ook oor jóú lyf en die lywe op TV?
Wonder jy soms tot op watter ouderdom jy en jou kind saam kan bad, hoe jy vry-insidente op TV moet hanteer of is jy al radeloos omdat jou kind heeldag aan homself vat en vroetel?
As die antwoorde nie vir jou heeltemal so maklik is nie, is hierdie boek vir jou!
Gretha Wiid, ma van vier, skryf reguit, maar gee met haar eerlike, tong-in-die-kies-aanslag hoop vir elke bekommerde ouer. Sy leer ouers Woord-getrou hoe om God se plan met seks en seksualiteit die lewenslange plan vir hul kinders te maak.
Seks slim vir ouers van kinders sal jou voorberei op al die vrae wat kinders vra en jou gemaklik maak met die regte antwoorde om te gee