Short description
Iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet die joernalis Alex Derksen vir Ranna, ’n vryskutfotograaf wat nie oor haar verlede wil praat nie. Wanneer die lyk van ’n IT-biljoenêr na vloede op ’n strand uitspoel, blyk dit Ranna is met rede geheimsinnig. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?
Long description
Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat sê Dr. Seuss is altyd reg, en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reën en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?
Customer reviews & ratings