"John C Maxwell werp lig op 13 kritieke keuses wat ‘n mens moet maak om jou natuurlike talent optimal te ontwikkel en ‘n Talentplus’-persoon te word. Uit die boek blyk dit duidelik watter verskil die volgende keuses in ‘n mens se lewe maak: Geloof, passie, inisiatief, fokus, voorbereiding, oefening, deursettingsvermoë, moed, leerbaarheid, integriteit, verhoudings, verantwoordelikheid en spanwerk.
Talent is nie genoeg nie is die ontbrekende sleutel wat menses al help om hul volle potensiaal te bereik deur hul talente optimal te ontwikkel. Dit is ‘n onmisbare hulpmiddel vir elke persoon wat sy of haar unieke gawes met oorgawe wil uitleef."