Short description
Tjoklits vir die siel gaan oor vier vroue in hulle veertigs ? aan die buitekant die ene glitz en glamour, aan die binnekant vol pyn en drama. Maar Suzanne, Christel, Adri en Lisa se perspektief verander vir ewig wanneer Suzanne se dogter Shelley in ’n swart gat opgesuig word. Hierdie roman kom so na aan die waarheid, ’n mens kan voel hoe die storie joune word
Long description
Vier vroue in hulle veertigs ? aan die buitekant die ene glitz en glamour, aan die binnekant vol pyn en drama ? en een tienermeisie wat in ’n swart gat opgesuig word. En almal word betrek by ’n gebeurtenis wat hulle perspektief vir ewig verander. Daar is Suzanne, pleaser vir haar man en kinders. Die menopouse-wolf hamer egter aan haar voordeur en haar man se oë dwaal na groener weivelde. Christel is Suzanne se kinderlose, wyser-as-die-wêreld suster, ’n celeb op Italiaanse spykerhakke. Sy staan voor ’n skeipaartie waar die Bird of Paradise ’n paar glansgroen vere gaan verloor. Dan is daar Adri, die koel sakevrou wat mik na die Who’s Who Map. Haar beeld van ’n man is werkloos, haar beste vriend Botox en haar verhoudings sonder siel. Lisa is die dromerige ontwerper met ’n hart vir straathonde en bedelaars ... maar niemand durf weet van die blou kolle op haar lyf nie. En dan is daar Shelley, Suzanne se oudste dogter, wie se hart gebreek word.Tjoklits vir die siel is ’n roman wat so na aan die waarheid kom dat ’n mens kan voel hoe die karakters begin lewe en die storie joune word
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

.
Reviewed by Unknown from Johannesburg on 04 April 2013
Die boek was baie dieper as wat ek verwag het. Het my baie lank bygebly.
Elke Ma & dogter behoort dit te lees.
Was this review helpful?