eBook edition

Uit die binneland (eBook)

Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles. Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies... more
Author:
Dana Snyman
Format:
Adobe DRM ePub
Download Size:
360 bytes
Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306

Delivery:
The eBook will be available to download in the LibraryBox as soon as payment has been processed.
Seller:
kalahari.com
Now:
R153.95
eBucks:
eB1 540
Discovery Miles:
1 540
  • Pintrest

Short description

Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles. Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermôre die skôrro-skôrro in Mabopane moet haal en Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken. En dis moeilik om te sê waar die lag ophou en die traan begin – en andersom.

Long description

Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die “Monnemint” en Boeregrafte, in ’n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op een van hierdie reise het ’n bakkie se “gêrs soos ’n dier in pyn gesterf”. Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermôre die skôrro-skôrro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die Bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur ’n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te sê waar die lag ophou en die traan begin – en andersom. Snyman se unieke aanslag maak van hierdie vyftigtal kort stukke eerder kort- kortverhale of sketse as die tipiese rubriek – dit het vroeër in Beeld, Wegbreek en Huisgenoot verskyn. Sy gewildheid en geliefdheid by lesers spreek onder andere uit ’n leserbrief wat in Beeld verskyn het (26/09/2004): “Die wyse waarop Dana Snyman … basiese en alledaagse gebeurtenisse … weerspieël, is uniek. Hy praat oor goed wat ons almal op een of ander manier ervaar het, maar nie oor praat nie. Hy wys daarop dat ons almal dieselfde emosies ervaar, ongeag wie en waar ons is. Wat van 'n bundel met al sy artikels?” Lesersbriewe getuig gereeld van sy gewildheid.

Product details

Publisher:
NB uitgewers
ISBN:
9780798157407
Download Size:
360 bytes
Copying:
Not Allowed
Printing:
Not Allowed
Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306

Customer reviews & ratings