Met ander woorde

Toe Kristina een aand nie huis toe kom nadat sy gaan draf het nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroee oggendure onder... more
Author:
Wilna Adriaanse
Format:
Softcover
Average customer rating:
 (Reviews)

Delivery:
South Africa Usually within 8 working days.
Seller:
kalahari.com or 3rd party seller
3rd Party:
New from R 120.00
Now:
R205.00
eBucks:
eB2 050
Discovery Miles:
2 050
  • Pintrest

Short description

Toe Kristina een aand nie huis toe kom nadat sy gaan draf het nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroee oggendure onder 'n bos teen die berg.

Long description

Toe Kristina een aand nie huis toe kom nadat sy gaan draf het nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroee oggendure onder 'n bos teen die berg. Sy is by haar bewussyn, maar kan glad nie onthou wat met haar gebeur het nie. Daar is ook geen logiese verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy sedertdien ondergaan het nie, en ten einde raad word die hulp van 'n psigiater ingeroep. Ben Krige het 'n praktyk en kliniek op Stellenbosch, en wanneer Kristina oorkant hom plaasneem, is sy vir hom soos 'n labirint - vreemd en onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af, en uiteindelik bring die pad hulle by 'n bestemming uit – al lyk 'n bestemming soms anders as wat 'n mens jou dit voorgestel het.

Product details

Publisher:
Tafelberg Publishers Ltd
ISBN:
9780624044550
Publication date:
October 2006
Length:
213mm
Width:
137mm
Weight:
430g
Pages:
350

Customer reviews & ratings

Write a review for this product.

Rate this product.

 

  Uiteindelik 'n ware storie in Afrikaans
Reviewed by Unknown on 29 November 2006
546 of 1055 people found the following review helpful:

As 'n persoon met 'n 5 jaar graad in tale was dit nog altyd vir my hartseer dat die afrikaanse literatuur glad nie werklik storieboeke het nie. Mens kry net twee tipes literatuur in Afrikaans: die soetsappige roman, soos Ena Murray (wat ek al van kleins af lees) en dan die, in my opinie, super onleesbare letterkundige boeke wat my prof oor liries geraak het. Die ware groot name. Geen mens lees sulke boeke in hulle vrye tyd nie.. ( Wel nie die opregte gewone man op straat nie). So ek het maar probeer tevrede wees met die algemene Mary Higgens Clark en James Patterson boeke in Engels. Toe ek een middag terslyks in my plaaslike CNA rondslenter en die oulike omslag van 'Met Ander Woorde' sien, kon ek nie anders as om dit op te tel en te lees waaroor dit gaan nie. En was dit 'n groot verrassing! 'Met ander woorde' is die eerste Afrikaanse storieboek wat nie handel oor hoe die ewige pragtige heldin die sterk aantreklike held inpalm nie, en werklik leesbaar is. Ek kon die boek nie neersit nie. Die taalgebruik was soos die Afrikaans wat ek in my huis praat, die mense soos die mense wat ek elke dag mee te doen kry, die storie geloofwaardig en interressant. Die storie probeer nie een of ander politieke boodskap oordra nie, dit probeer nie 'n prof by 'n Afrikaanse departement beindruk nie, dit probeer my kry om uit te vind wat het met arme Kristina gebeur. Ek hou van die karakters en is besorg oor hulle. Dit is verfrissend om te sien dat 'n storie net 'n storie kan wees, met allerdaagse Afrikaans en relevante storielyne. Ek kan nie wag om al Wilna Adriaanse se boeke te koop en te lees nie. En ek hoop hierdie is nie die laaste lekker lees boek in Afrikaans nie.

Was this review helpful?    

More buying options

Sell yours here
Showing 1-10 of 2 listing(s).
Price Condition Seller Comments Buy from 3rd Party
R120.00 + R35.00 Post office delivery New Hattingh

Rating:

Ask a question (0)
Member since:
13 Aug 2010
Location:
Royldene, Kimberley, South Africa

Delivery: Dependent on 3rd party seller

Add to basket
R150.00 + R35.00 Post office delivery New Arnel

Rating:

Ask a question (0)
Member since:
20 Sep 2011
Location:
Heerengracht, South Africa

Delivery: Dependent on 3rd party seller

Add to basket