Vliegtuie
BJ bring sy splinternuwe speelgoedvliegtuig park toe. Terwyl hy speel, leen Riff die vliegtuigie. Ongelukkig is Riff so nuuskierig oor hoe dit werk, dat hy dit uitmekaarhaal. BJ is darem nie kwaad wanneer hy uitvind nie. Hy wys eerder vir Riff hoe om dit weer aanmekaar te sit.
Bote
Baby Bop geniet dit vreeslik om te speel met die bootjie wat sy self gemaak het. Sy wil egter graag op ’n groot een ry. Barney wys vir haar ’n paar bote op die rekenaar, terwyl BJ en Riff vir haar ’n verrassing gereed kry. Toe Barney en Baby Bop terugkom, ontdek hulle dat BJ en Riff vir haar ’n seilskip gebou het!