Long description
Hans bly doodgelukkig op sy plaas saam met sy vrou Hettie en hul dogtertjie, Marietjie. Maar toe ‘n slang Hettie pik en sy doodgaan, en Hans se geld opraak, is hy
genoodsaak om stad toe te gaan om sy grondboontjiemasjien te patenteer. Hans en
Marietjie sukkel aanvanklik om in die stad aan te pas, maar dan raak Hans verlief op ‘n stadsmeisie wat elke aand net wil rinkink. Die verliefde Hans skeep klein Marietjie af, en wanneer ‘n buurman hom hieroor oor die vingers tik, besluit hy om haar terug te stuur plaas toe, waar haar ouma en oupa haar kan oppas. Die verlange aan beide kante word egter te groot en die storie het ‘n gelukkige einde as pa en dogter op hul geliefde plaas verenig word.