Short description
Hierdie pragtige storie, gebaseer op ‘n uitsonderlike gebeurtenis in Pretoria in 1980, skets hoe ‘n jong man skielik as ‘n kroonprins van Liechtenstein sy verskyning maak. Vir 14 dae word hy getrakteer op alles wat Pretoria op sy beste aan so ‘n vorsterlike besoeker kan bied, insluitend ‘n wedstryd van die Blou Bulle op Loftus, voordat konsternasie uitbreek as die plaaslike kelner van Sunnyside net so skielik verdwyn as wat hy verskyn het.