Long description
Hierdie grappige Boere-Wilde Weste fliek sal kykers herinner aan die Terence Hill en Bud Spencef spaghetti Wilde Weste rolprente waarop die skrywer, CF Beyers-Boschoff sinspeel in hierdie speelfilm se titels (wat heerlik komieklik is en nie misgeloop moet word nie.) Dis 1930 en 'n bende terroriseer nou al hoe lank die plaaslike gemeenskap. Maar dit gaan nou tot 'n einde kom, met die aankoms van Dingetjie en Daan, twee wanaagepaste broers wat nie veel tussen die ore het nie, maar wat kan skiet en baklei. Hulle kry werk as vee-oppassers vir 'n plaaslike matriarg, maar die bende bekonkel 'n vals aanklag teen Daan vir bankroof, sodat hulle die vee kan steel. Dingetjie blaas die tronk op om Daan te bevry, en die plaaslike sheriff sit hull agterna... en dit loop uit op 'n skietery op die dorpsplpein. Benewens die grenslose humor skitter Hal Orlandini in sy voorstelling van die buitengewoon-puntenerige skurk