Juffrou Vis en haar klomp lewenslustige leerlinge speel, leer en kuier elke dag bymekaar. Daar's Karnallie die garnaal, Siebert die seeperd, Willie die waterskilpad en sommer baie meer. Maar pasop vir Stompkop...hy is die ene wat honger in die donker le en ons maatjies sal slim plannetjes moet uitdink om hom uit te oorle.
- Episode 1: Vandag span almal saam om die arme kreef-drieling te hulp uit 'n grote penarie!
- Episode 2: Dis groot makietie en pret: alles oor 'n verjaardagkoek! Maar wees versigitg, is al wat ons mag se...
- Episode 3: Vandag verdwyn die arme kluisenaarkrappe se doppe en almal moet inspring om te help soek.
- Episode 4: Vandag is Juffrou Salmien se verjaardag en 'n verrassingskonsert is op die kaarte. Selfs Stompkop lewer 'n bydrae!
- Episode 5: Dis uiteindelik tyd vir die Reenboogkonsert en almal staan bont om hulle beste item telewer, totdat Mona in Stompkop se strik trap...
- Episode 6: Ons maats leer vandag hoe om te tel en ook die waarde daarvan om syfers te ken en te herken.
- Episode 7: Vandag is ons maats skoon oorbluf toe hulle uitvind Stompkop gaan trek, Mosselbaai toe nogal!
- Episode 8: Ag ons maats gebruik enige verskoning vir konsert hou en die keer is dit met slag-instrumente - maak reg vir groot lawaai!
- Episode 9: Ons maats hou hierdie keer middernagfees en dinge is te jolig en vrolik, maar ons weet almal wie gaan ook opdaag...