kykNET se vlagskipjoernaalprogram Kwela se Amateur Videokompetisie is enig in sy soort in Suid-Afrika. Met die inskrywings wat elke jaar meer word, is dit duidelik dat mense wil lag. En om die lagspiere behoorlik te prikkel, het ons besluit om die eerste twee Funnies DVD's in 'n stel te kombineer. Dit beteken daar is meer as 360 video's wat tussen 2002 en 2008 uitgesaai is, waarin jy jouself kan verkneukel.
Hulle is almal daar. Bekkige kinders, diere en hulle vreemde maniere, mense wat val, onderonsies tussen mens en dier en alles en nog wat. Skop gerus daai skoene uit vir 'n paar uur van heerlike ontvlugting met Kwela Funnies 1 & 2.