Kwela feite en geite 2 is 'n keur van nog 50 video's uit die algemene afdeling van Kwela, kykNET se vlagskipjoernaalprogram, se amateur videokompetisie.
Did DVD bestaan uit vier afdelings, naamlik Dramatiese Natuurtonele (van 'n seekoei wat 'n boot aanval tot swart mambas wat mekaar die stryd aanse), Raar Maar Waar (daardie dinge wat 'n mens moet sien om te glo), Onderwater (asemrowende duik-ervarings van oraloor) en Algemene Natuurtonele (daardie tonele wat wys hoekom ons land een van die mooistes in die wereld is).