kykNET se gewilde joernaalprogram Kwêla se algemene afdeling van die jaarlikse amateur videokompetisie kry net soveel aftrek as die snaakse video’s. Daarom is 50 van die beste algemene video’s gekies vir die eerste Kwêla Feite en Geite DVD.
Die DVD bestaan uit vier afdelings, naamlik Dramatiese Natuurtonele (2007 se wenner, die trop buffels wat ‘n leeu aangevat het, sal nog lank onthou word), Raar Maar Waar (daardie gebeure wat vreemder is as fiksie), Nuusgebeure (van die helikopter met 7de Laan akteurs wat neergestort het, tot vloede in die Wes-Kaap) en Algemene Natuurtonele (daardie tonele wat ons land so ‘n gesogte toerismebestemming maak).