Short description
'n Manjifieke swartmaanhaarleeu soek vir hom 'n maat in die rooiduineveld van die Kalahari. Dit lei tot hul hofmakery en die geboorte van drie manlike welpies. Buitengewone filmbeelde, en spesiale komposisies van etniese musiek met 'n sensitiewe vertelling laat jou intiem kennis maak met die minder bekende lewensaspekte om die woestynleeu. Leeus van die Kalahari, volg die welpies deur seisone van droogte en re'n, oorvloed en skaarste, en vertel van hul swaarkry in hierdie ongenaakbare maar pragtige landskap. Alleen en verlate, in die wye wrede Dorsland, gaan die wyfie haar einde tegemoet. Skokkend en onvermydelik.