Write a review for this product.
Rate this product.

'n Smile op my dial
Reviewed by Nita Kleynhans from Pretoria on 12 April 2005
10804 of 22532 people found the following review helpful:
Ek het hierdie boek onverwyld aangekoop nadat ek die volgende epos ontvang het van 'n vriendin wat eiehandig Exclusive Books in die groen hou.
Hi, as julle hierdie kortverhaalbundel raakloop, koop dit gerus! Die skrywer, Dana Snyman, is my ouderdom en alles waaroor hy skryf is so bekend. Goeie ou dae van inry-teaters, padkos inppad vir eet oppad Kaap toe, hoe hy nou voel as ‘n 40-something-pale-male, ‘n brief wat hy en die tuinman aan Jim Reeves geskryf toe hy (Dana) ‘n klein laatie was, net om by die poskantoor se meisie uit te vind Jim Reeves is al dood! Dis wonderlike nostalgie en sal smiles op julle dials sit.
En was sy nie in die kol, die beste kopie wat ek in 'n lang tyd gemaak het!!
Was this review helpful?

Dana is bobaas
Reviewed by Stephan Du plessis from Boksburg on 03 May 2005
10778 of 22942 people found the following review helpful:
Twee dinge is seker. Een, Dana Snyman kén sy mense. Twee, sy observasies is absoluut fantasties. Jy lees nie hierdie sketse nie, jy beleef hulle. As jy tussen die ouderdomme van so 30 en 40-jaar is, sal jy veral kan identifiseer met van die stories, aangesien dit 'n samestelling is van dinge en mense waarmee die skrywer oor die jare te doen gekry het. Telkens moes ek myself daaraan herhinner dat ek besig was om 'n boek te lees, en nie 'n persoonlike dagboek nie. Dana skryf oor ons land en sy mense, en hul doen en late. Soms wil-wil jy amper 'n traan afvee, ander kere kry jy pyn op jou maag van die al die gelag. Uit die binneland is 'n skertsende, eerlike, pynsende, hartseer blik op Suid-Afrika se mense wat jy moeilik gaan vind om neer te sit as jy eers begin lees het.
Was this review helpful?
See more reviews