Long description
Aan die kus van Suider Afrika is daar 50 vuurtoring. Elke vuurtoring staan op ? skouspelagtige deel van die kuslyn, om daar skepe te waarsku teen die gevare van die kus. Die Voetsporespan het vertrek van die vuurtoring by Ponta do Ouro in Mosambiek, en van daar al die pad af gereis tot by die toring van Kaap Agulhas, om toe noord te draai en te vorder tot by Kaap Kruis, en het so elkeen van die 50 vuurtorings besoek. Op die wyse is daar nie net by elke kilometer van die kuslyn aangedoen nie, dit was ook die voltooiing van die sirkel na In die Voetspore van die Grotes. Voetspore op die Strand was ? epiese reis van die Zoeloe koningryk, tot die Transkeise Wilde Kus, die Tuinroete, die Kaap van Storms, die Weskus, en uiteindelik die Namib.