eBook edition

Eugène Terre-Blanche: My Storie (eBook)

Rassis, profeet, egoïs, kampvegter, held – wie was Eugène Terre’Blanche, hierdie boer van Ventersdorp wat ’n bekroonde eenbedryf en gedigte geskryf het? ’n Boer wie se moord wêreldnuus geword het?

In Eugène Terre’Blanche, my storie vertel Terre’Blanche vir die eerste keer self sy verhaal. Hy praat oor sy grootwordjare, diens in die Polisie, sy huwelik en sy versterkte Christelike oortuigings. Hy vertel ook vir die eerste keer heelwat van sy lewe in die tronk – van die benoudheid, maar ook van die goeie verhoudings met van sy medegevangenes – almal swart. Hy gee sy eie weergawe van onder meer die stormagtige politiek voor 1994 waarby hy as hoofleier van die AWB betrokke was, soos die Slag van Ventersdorp, die inval in Mmabatho en die bestorming van die Wêreldhandelsentrum. Die leser sal self kan oordeel waarvoor Terre’Blanche hom beywer het. Het sy lewe en dood ’n boodskap vir Suid-Afrika? Was hy deur sy gewelddadige dood die slagoffer van dít waarteen hy gewaarsku het in sy soeke na die pad oor die “hoë blou berge van Nimmer”? In sy eie woorde: “Het ék dan ’n kans om ’n weg te baan waar die ander gefaal het?” Hierdie boek is ’n aangrypende blik op een van Suid-Afrika se mees omstrede figure. Amos van der Merwe het die boek met Eugène Terre’Blanche se volle medewerking geskryf, sodat dit soos ’n outobiografie lees. Dis dan ook Terre’Blanche wat deurgaans in die eerste persoon praat. Om die lewe van Terre’Blanche van nader te ondersoek, was deel van die skrywer se soeke na sy eie identiteit.  Alhoewel hy Terre’Blanche se loopbaan gevolg het, was hy nooit by die regse vleuel van die politiek betrokke nie. Eugène Terre’Blanche, my storie was persklaar ten tye van Terre’Blanche se dood. About the author: Dr. Amos van der Merwe het sy nagraadse studie in 1983 voltooi en daarna in Pretoria gepraktiseer. Hy woon tans naby Mosselbaai en doen opheffingswerk in die gemeenskap. Alhoewel hy betrokke is by ’n uro-ginekologiese praktyk in George, is sy droom om voltyds te skryf.  Hy is ook die skrywer van Facing Surgery with Christ, wat deur Tate Publishing, Oklahoma VSA, uitgegee is.

Author:
Amos van der Merwe
Format:
Adobe DRM ePub

Average customer rating:

  (view reviews)

Out of stock

You can request a quote on this product by adding it to your basket

Description

Product details

Not compatible with:
Kindle, Digibook, Verso, RK Book, Pocketbook 306
Download size:
297 KB
Printable:
Not Allowed
Author:
Amos van der Merwe
Imprint:
Griffel Media
Publisher:
Griffel Media
ISBN:
9781920424138
Language(s):
af

Customer reviews

Rate or write a review for this product

RE: Jammer oor die prys

Ons verstaan dat die nie sin maak nie, maar die rede hiervoor is dat die uitgewersfirma die Eboeke(Epub) teen dieselfde prys bemark as die fisiese boeke.

Jammer oor die prys

Opdatering: Kalahari (en/of die uitgewer) het darem nou hierdie eboek se prys aansienlik verlaag, alhoewel dalk nog nie genoeg om verkope sterk aan te moedig nie. 3 sterre vir die poging. (Ek wil dit net duidelik stel ... ek het nog nie boek gelees nie, en die sterretelling is absoluut net proteskommentaar oor die boek se prys.) ----- In ag genome dat die ePub verwerking van die boek minimaal is in vergelyking met die druk en verspreiding van die fisiese boek, is dit onverklaarbaar hoekom die twee presies dieselfde prys het. 'n Simboliese aanmoediging in die vorm van 'n korting om die eboek te koop is seker nie te veel gevra nie ... maar nee, jy moet eers die DTB koop ... dit slaan my dronk!

Your Recent History

Recently Viewed Items