Die Afrikaanse Grammatikatoetser is die eerste hulpmiddel wat onder andere die volgende aspekte in Afrikaans kan evalueer:
woordkeuse (byvoorbeeld die korrekte gebruik van die woorde pyl en peil);
los- of vasskryf van woorde (deur byvoorbeeld oom hulle en besigheids ure as foute aan te dui); en
korrekte grammatikale konstruksies (byvoorbeeld lelik boom teenoor lelike boom).
Afgesien van grammatikale aspekte, kan die Grammatikatoetser ook bepaal of die teks aan bepaalde stylvereistes voldoen. Tipiese stylvereistes sluit onder andere in:
leestekengebruik (Moet daar ? komma voor maar gebruik word?);
konsekwente taalgebruik (Gebruik ek soms ""chronologie"" en soms ""kronologie"" in dieselfde dokument?); en
• aanstootlike woorde (Gebruik ek woorde wat in die meeste kontekste as aanstootlik deur lesers ervaar kan word?).
Meer as 430 000 woorde
Evalueer of teks aan bepaalde grammatikale en stylvereistes voldoen!
Gee goeie sinonieme en alternatiwe vir spelfoute!
Breek woorde op die regte plekke af!