Short description
Mieliestronk se bekroonde CD-ROM vir Skoolprojekte is nou opgedateer en verskyn as 'n prestige-uitgawe met berge ekstra inligting--maar steeds teen dieselfde prys om ouers in hierdie noustrop-tye tegemoet te kom. Dit bevat die magdom artikels wat oor verskeie jare heen op die internet geplaas is deur dieselfde instansie (Mieliestronk.com) wat in 2004 vir die samestelling van Huisgenoot se gewilde Wonderlike Wêreld-CD-ROM verantwoordelik was. Trouens, die einste Wonderlike Wêreld-CD-ROM is nou feitlik in sy geheel ook in Mieliestronk opgeneem, die inligting bygewerk en vernuwe en van illustrasiemateriaal voorsien.
Die materiaal op die Mieliestronk-webtuiste word in die CD-ROM-vorm beskikbaar gestel, omdat die besondere gewildheid van die webwerf duidelik toon dat leerders (en hul ma's!) bitter graag so 'n nuttige pakket wil hê. Dit is immers te alle tye by hul vingerpunte sonder die nodigheid om aan die internet gekoppel te wees--en baie mense het juis nie internet-koppeling tuis nie.
Uiteindelik is Mieliestronk 'n moet vir elke leerder en sommer vir almal wat die bekostigbaarste naslaanwerk onder die son wil hê! Die CD-ROM was 'n jaar gelede al 'n winskoop--die nuwe, grootliks bygewerkte uitgawe moet absoluut die pasella-koop van die dekade wees! Nêrens maar nêrens gaan jy vir omtrent R150-00 soveel bywerwetse Afrikaanse inligting kry wat boekdele in ’n gedrukte ensiklopedie sou beslaan het nie.
Long description
Inligting en opvoeding
Medies en menswees: Van MIV/vigs, dwelmverslawing en malaria tot epilepsie, cholera en baie meer
Hulp en wenke: Van genealogiese navorsing en entrepreneurswenke tot raad oor potplante en die kweek van gesonde grasperke
Ons wêreld: Van 'n diepte-artikel oor Jerusalem tot verbasende wetenskaplike en tegnologiese ontwikkelings
Onderwerpe vir skole se debatsaande plus enkele redenaarspraatjies
Kenners se studiewenke
Basies byderhand: Nuttige inligting as jy dit skielik moet hê (omrekeningstabelle, interaktiewe omrekeninge)
Bekende mense: Van Chris Barnard tot Edison, Einstein, Marie Curie, Mozart, Rembrandt en nog vele.
Suid-Afrika—die land en sy mense: Statistieke, godsdienste, landswapen, provinsiale wapens, volkslied, vlae, nasionale boom, blom, dier, voël en vis, ens., ens.
Moderne en antieke geskiedenis: Van SA geskiedenis (Groot Trek, slawerny, kinders in die Anglo-Boereoorlog, einde van apartheid, ens.) tot die twee Wêreldoorloë,van ou Egipte tot die geskiedenis van motors, skeepvaart, geld, tydmeting, syfers en baie meer
Diere, plante, swamme en bakterieë: Van die voëls tot seediere, van paddas en reptiele tot insekte, soogdiere en nog meer. Ook koring, mielies, rys, aartappels, katoen, ens., ens.
Afrika: Inligting oor al die lande van ons vasteland, plus 'n Afrikaanstalige kaart vir ELKE Afrika-staat! Spesiale lang afdeling oor Afrika-geskiedenis
Planeet Aarde: Sonwind en auroras, besoedeling, watersiklus, aardbewings, olie, diamante, goud, donderstorms, tornado's, tropiese siklone, hael, tsoenami's, ens.
Wetenskap en tegnologie: Elemente en die Periodieke Tabel, ratte, hefbome, katrolle, pendules, optiese illusies, elektrisiteit, sonkrag, waterkrag, windkrag, kernkrag, die atoom, radioaktiwiteit, kristalle, organiese tuinbou, beweging, vuur, eienskappe van water, suiwering van drinkwater, die rekenaar, plastiek, rubber, die Internasionale Ruimtestasie, tafelsout, stuifmeel, gom, preservering, mikroskope, kieme, klank, pendeltuie, ens.
Taalkunde: Herkoms van Afrikaans, herkoms van swart tale, 500 Afrikaanse idiome met verklarings, uitgebreide woordelyste, volledige lys van Afrikaanse afkortings.
Sterrekunde: Spesiale lang afdeling: Ons halfeeu in die ruimte. Ook die son, planete, asteroïdes, komete en meteoorstene, die sterre, Mars, maans- en sonsverduistering, vorming van Vredefortkoepel, ens.
Die menslike liggaam: Ontstaan van lewe, geboorte en kind-wees, puberteit , volwassenheid, ouderdom, sterfte.
Natuurbewaring: Bloukraanvoël, Kaapse bergsebra, otters
Laslappies: Kort passasies oor 'n aantal verskillende onderwerpe, byvoorbeeld erosie, Halley se komeet, hiërogliewe, spysvertering, steenkool, ubuntu, SA Weerdiens en nog meer
En les bes 'n spesiale gids vir Engelssprekendes wat Afrikaans wil leer
Vermaak en humor
’n Rits speletjies en pretbladsye, wat ook 'n hele aparte werf met interaktiewe blokkiesraaisels insluit. Op die koop toe is daar 'n volledige roman, 'n luimige kortverhaal, 'n hele geïllustreerde kinderboek, 'n saamsingwerf en nog wat. Snaakse grapbladsye rond hierdie afdelings af.