Mieliestronk

Format:
CD Rom
Average customer rating:
 (Reviews)

Now:R159.95
eBucks:eB1600
Delivery time:
Usually within 4 working days.
Seller:
kalahari.com

Mieliestronk

Short description

Mieliestronk se bekroonde CD-ROM vir Skoolprojekte is nou opgedateer en verskyn as 'n prestige-uitgawe met berge ekstra inligting--maar steeds teen dieselfde prys om ouers in hierdie noustrop-tye tegemoet te kom. Dit bevat die magdom artikels wat oor verskeie jare heen op die internet geplaas is deur dieselfde instansie (Mieliestronk.com) wat in 2004 vir die samestelling van Huisgenoot se gewilde Wonderlike Wêreld-CD-ROM verantwoordelik was. Trouens, die einste Wonderlike Wêreld-CD-ROM is nou feitlik in sy geheel ook in Mieliestronk opgeneem, die inligting bygewerk en vernuwe en van illustrasiemateriaal voorsien. Die materiaal op die Mieliestronk-webtuiste word in die CD-ROM-vorm beskikbaar gestel, omdat die besondere gewildheid van die webwerf duidelik toon dat leerders (en hul ma's!) bitter graag so 'n nuttige pakket wil hê. Dit is immers te alle tye by hul vingerpunte sonder die nodigheid om aan die internet gekoppel te wees--en baie mense het juis nie internet-koppeling tuis nie. Uiteindelik is Mieliestronk 'n moet vir elke leerder en sommer vir almal wat die bekostigbaarste naslaanwerk onder die son wil hê! Die CD-ROM was 'n jaar gelede al 'n winskoop--die nuwe, grootliks bygewerkte uitgawe moet absoluut die pasella-koop van die dekade wees! Nêrens maar nêrens gaan jy vir omtrent R150-00 soveel bywerwetse Afrikaanse inligting kry wat boekdele in ’n gedrukte ensiklopedie sou beslaan het nie.

Long description

Inligting en opvoeding
  • Medies en menswees: Van MIV/vigs, dwelmverslawing en malaria tot epilepsie, cholera en baie meer
  • Hulp en wenke: Van genealogiese navorsing en entrepreneurswenke tot raad oor potplante en die kweek van gesonde grasperke
  • Ons wêreld: Van 'n diepte-artikel oor Jerusalem tot verbasende wetenskaplike en tegnologiese ontwikkelings
  • Onderwerpe vir skole se debatsaande plus enkele redenaarspraatjies
  • Kenners se studiewenke
  • Basies byderhand: Nuttige inligting as jy dit skielik moet hê (omrekeningstabelle, interaktiewe omrekeninge)
  • Bekende mense: Van Chris Barnard tot Edison, Einstein, Marie Curie, Mozart, Rembrandt en nog vele.
  • Suid-Afrika—die land en sy mense: Statistieke, godsdienste, landswapen, provinsiale wapens, volkslied, vlae, nasionale boom, blom, dier, voël en vis, ens., ens.
  • Moderne en antieke geskiedenis: Van SA geskiedenis (Groot Trek, slawerny, kinders in die Anglo-Boereoorlog, einde van apartheid, ens.) tot die twee Wêreldoorloë,van ou Egipte tot die geskiedenis van motors, skeepvaart, geld, tydmeting, syfers en baie meer
  • Diere, plante, swamme en bakterieë: Van die voëls tot seediere, van paddas en reptiele tot insekte, soogdiere en nog meer. Ook koring, mielies, rys, aartappels, katoen, ens., ens.
  • Afrika: Inligting oor al die lande van ons vasteland, plus 'n Afrikaanstalige kaart vir ELKE Afrika-staat! Spesiale lang afdeling oor Afrika-geskiedenis
  • Planeet Aarde: Sonwind en auroras, besoedeling, watersiklus, aardbewings, olie, diamante, goud, donderstorms, tornado's, tropiese siklone, hael, tsoenami's, ens.
  • Wetenskap en tegnologie: Elemente en die Periodieke Tabel, ratte, hefbome, katrolle, pendules, optiese illusies, elektrisiteit, sonkrag, waterkrag, windkrag, kernkrag, die atoom, radioaktiwiteit, kristalle, organiese tuinbou, beweging, vuur, eienskappe van water, suiwering van drinkwater, die rekenaar, plastiek, rubber, die Internasionale Ruimtestasie, tafelsout, stuifmeel, gom, preservering, mikroskope, kieme, klank, pendeltuie, ens.
  • Taalkunde: Herkoms van Afrikaans, herkoms van swart tale, 500 Afrikaanse idiome met verklarings, uitgebreide woordelyste, volledige lys van Afrikaanse afkortings.
  • Sterrekunde: Spesiale lang afdeling: Ons halfeeu in die ruimte. Ook die son, planete, asteroïdes, komete en meteoorstene, die sterre, Mars, maans- en sonsverduistering, vorming van Vredefortkoepel, ens.
  • Die menslike liggaam: Ontstaan van lewe, geboorte en kind-wees, puberteit , volwassenheid, ouderdom, sterfte.
  • Natuurbewaring: Bloukraanvoël, Kaapse bergsebra, otters
  • Laslappies: Kort passasies oor 'n aantal verskillende onderwerpe, byvoorbeeld erosie, Halley se komeet, hiërogliewe, spysvertering, steenkool, ubuntu, SA Weerdiens en nog meer
  • En les bes 'n spesiale gids vir Engelssprekendes wat Afrikaans wil leer

    Vermaak en humor
  • ’n Rits speletjies en pretbladsye, wat ook 'n hele aparte werf met interaktiewe blokkiesraaisels insluit. Op die koop toe is daar 'n volledige roman, 'n luimige kortverhaal, 'n hele geïllustreerde kinderboek, 'n saamsingwerf en nog wat. Snaakse grapbladsye rond hierdie afdelings af.
  • Product details

    Platform:
    PC

    Goes great with

    Select all the items that you would like to add to your basket


    Mieliestronk (Software)
    Format: CD Rom

    Now R159.95
    (eB 1600)


    Big Boet! Grade 4-5 (9-11) (Software)
    Format: CD Rom

    Now R259.95
    (eB 2600)


    Learning Ladder - Preschool (Games)
    Format: PC-CD

    Now R91.95
    (eB 920)


    Big Boet! Grade 0-1 (5-7) (Software)
    Format: CD Rom

    Now R259.95
    (eB 2600)


    Other products to consider

    Schoolworks Dina the Dinosaur
    Schoolworks Dina the Dinosaur

    Now R259.95
    (eB 2600)
    Big Boet! Grade 4-5 (9-11)
    Big Boet! Grade 4-5 (9-11)

    Now R259.95
    (eB 2600)
    Big Boet! Grade 6-7 (12-13)
    Big Boet! Grade 6-7 (12-13)

    Now R259.95
    (eB 2600)
    Learning Ladder - Preschool
    Learning Ladder - Preschool

    Now R91.95
    (eB 920)

    Buy this product

    Mieliestronk

    Mieliestronk

    Now:R159.95
    eBucks:eB1600
    In my basket
    Your basket is empty
    Free delivery on orders over R250 *
     
    gobii now available
     
    My wishlists
    Your wishlist is empty
    Earn with Visa
     
    eBucks
     
    RSS
    Electronics Bestsellers
    1.
    gobii 7" Colour LCD eReader + R160 eBook Voucher
    Was R1,499.00
    Now R899.00
    (eB 8990)

    2.
    3.
    Toshiba Stor.E Alu2 2.5'' 1TB External HDD - Black
    Was R1,299.95
    Now R1,199.95
    (eB 12000)

    4.
    Acer Aspire AS5750 Series Notebook
    Was R5,999.95
    Now R4,499.95
    (eB 45000)

    5.
    6.
    Gigabyte Q2005 Atom Series Netbook
    Was R2,499.95
    Now R2,199.95
    (eB 22000)

    7.
    8.
    New Apple iPad 2 64GB WiFi & 3G Black (Special Import)
    Was R8,999.00
    Now R7,999.00
    (eB 79990)

    9.
    New Apple iPad 2 64GB WiFi & 3G White (Special Import)
    Was R8,999.00
    Now R7,999.00
    (eB 79990)

    10.
    m.kalahari.com