Short description
Dié opvolg van Kroes handel oor ’n bruin meisie, Pattie, wat haar in die apartheidsjare as wit laat herklassifiseer het. Pattie is die teiken van erge emosionele mishandeling deur haar Griekse man en die roman lig die sluier op so ‘n donker, tragiese lewe - dat dit die leser sprakeloos laat. En die onderdrukking waaronder bruin en swart tydens die apartheidsjare ‘n bestaan moes maak, word amper nog skreiender as in Kroes uitgebeeld. Dit is ‘n meevoerende roman, wat Stamatélos vestig as een van dié vertellers in Afrikaans.
Customer reviews & ratings