Long description
Leierskapkenner John C. Maxwell wys lesers in Wen met gesindheid hoe om die gesindheid van ’n wenner te ontwikkel deur hul pad na sukses oop te dink, asook hoe om hul gesindheid in hul grootste bate te omskep. Ontdek saam met Maxwell die geheim van sukses. Dié praktiese boek met sy aantreklike ontwerp, luukse sagteband-omslag in Italiaanse leer en elegante kleur-drukwerk binne, help lesers om alles wat Maxwell sê, op hul eie lewe van toepassing te maak.