Short description
Die rand val en Damnville se honde is op No Name Brand. Solly Kramer's lewer nie meer af nie en die gholfbolposbus is vol rekenings.
Long description
Die rand val en Damnville se honde is op No Name Brand. Solly Kramer's lewer nie meer af nie en die gholfbolposbus is vol rekenings. Mabeline Beeslaer is geretrench en soek vergetelheid in 'n Loslyf op die stoep. Mignon, die Woterkloofpoedel, word deur die noodlot in Frik du Preezstraat uitgespoeg en word deel van die bestaanstryd van betaaldag tot betaaldag. Maar dan kom Tango du Toit met sy wit suit en laat die mense weer van voor af droom en hoop.