Long description
Die 20-jarige Elri Dekker het die wêreld aan haar voete. Sy is blond, pragtig en die erfgenaam van ‘n multi-miljoen rand maatskappy. Maar sy stel meer belang in mode en ouens as in ‘n magtige sakeryk. Haar ouer suster se opkomende troue met ‘n ryk dokter is eintlik ‘n doring in haar vlees wat net oor en verby moet kom, sodat sy haar rustige, sorgelose lewe saam met haar pa en jonger broer in ‘n ryk voorstad kan voortsit. Jan Meyer is ‘n student wat bereid is om sy studies op te skop sodat hy die baba, wat hy by sy eks-meisie, Melanie, verwek het, kan grootmaak. Die enigste probleem is egter dat Melanie weier dat Jan enigsins met die kind te doen het wat sy vir aanneming wil opgee. Trouens, sy sweer hy is nie die pa van die kind nie.
Customer reviews & ratings
Write a review for this product.
Rate this product.

Die kyk werd!
Reviewed by Anet from Schweizer-Reneke, South Africa on 04 May 2009
888 of 1921 people found the following review helpful:
Tipiese Suid-Afrikaanse storie vir die TV geskryf en 'n reeks wat die hele gesin kan geniet en volg. As jy hou van die Sonkring en Torings en daardie reekse, sal die een jou pas!
Was this review helpful?